abstrak (Goud)
blameer tog nie my
linkerhand-kwashale
wanneer lyne onharmonieus
kartel en kwyl en krul
op my skilderdoek nie
linkerhand…regterhand
handvoorkeur maak nie die kunstenaar nie
daarom is my abstrakte kuns binne bestek
met dalk net so biétjie chaos, plek-plek!
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Augustus 2025 - Linkshandige projek