linksdominant…’n terloopse mymering (Goud)
my linkshandigheid
was volbring, lank voor geboorte
maar Juffrou was op die
…gebruik jou sterk handjie!…-missie
en terwyl ek potlood-kwas-kryt
angstig in my lomp regterhand
probeer akkommodeer
het my sterk handjie
slap in my skoot gelê…
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Augustus 2025 - Linkshandige projek