uiter
die word kom ver
vanonder die uiterste ster
onder wolke van Wes-Vlaandere
geradbraak na kombuistaal verhaal
skimme uit ‘n gebelgde verlede
geskommel in slaafse mond
veroer en ontbaar
na dialektiese
bakla
eufemistiese geklae
vanuit die leë mond
van elke bra
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.