kanker veldslag (Goud)
jou kankerstryd
is ‘n volbloed veldslag
jou wonde
veel meer as jou ammunisie
terwyl almal om jou heen
te knie bly in gebed
pleitend vir ‘n wapenstilstand
vegesel jy daagliks jou pyn,
wagtend op God’like genesing:
‘n wonderwerk vir jou geliefdes
of ‘n nuwe hemelse liggaam vir jou
neologisme: te knie – soos om te voet te wees
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2023 – Veldslag projek