Jongste aktiwiteit:

My Engel

Toe jy gister soos ‘n mooie engel
langs my hospitaalbed verskyn
met ‘n vaas met die mooiste blomme daarin,
eetgoed en ‘n teddiebeer,
was ek aangenaam verras.

Maar toe jy langs my bed op die stoel kom sit
en onbeskaam my bo-arm vat met beide jou sagte hande
en jou kop met jou lang voshare
op my bors vasdruk met die trane
wat biggel oor jou blosende wange.

Dit is toe dat ek werklik besef
dat jy my nog steeds innig liefhet
ongeag alles wat tussen ons gebeur het
is jy nog daar vir my,
maar ek wil jou so graag net weer

Werklik gelukkig sien,
jou mooie glimlag wat uit jou groot
bruin oe kan straal,
jou kenmerknde stout dogtertjie
stem weer hoor,

Dit wil ek graag weer sien
ongeag alles wat nou in jou lewe gebeur
wil ek he dat jy gelukkig moet wees.
Ek was so dankbaar toe ek na die narkose wakker word
dat ek vanaand in my bed le en huil het.

Indien ek voor jou sterf belowe ek
dat ek sal terugkom en jou persoonlike
beskermings engel sal wees
wat altyd by jou is en jou sal troos wanneer jy hartseer is
en jy sal weer veilig voel by my…….




Ek skryf net omdat dit lekker is, want dit is soos terapie vir my.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed