Jongste aktiwiteit:

Lelie van Saron

lelie bedrup met môredou
dormant was jy vir te lank
in vergetelheid toegevou
vasgevang
weggesteek
in jou eie bang
verstik in barre aarde
gefetus binne mure van jou binnekamer
was jy van geen waarde
verlang jy na iets beter
het jy gewag
gebid
gesmeek
tog geweet
God sorg vir jou
die reën kom verseker
toe die eerste druppels seën swaar plof in die stof
die grys gordyn oopskeur
in ‘n simfonie van lof
lewende water deur jou wese vloei
was jy vry…
vry om te bloei
jouself te wees
tot eer van God te groei
lieflike lelie van Saron
God se prinses jy leef sonder vrees
staan in Sy genade
met jou kop in die son
jou voete in die water
blom jy vir Hom
bekleed met heerlikheid
kom jy niks kort
is jy deel van ewigheid




1 Kommentaar

  • Inkmoderator

    Elroux Ek hou van die emosie wat die gedig aanspreek. Ek voel egter dat sou jy meer woorekonomies omgegaan het sou die gedig 'n sterker boodskap hê. Ek gaan een enkele voorbeeld uitwys. Hierdie drie sinne byvoorbeeld gee aan die leser presies dieselfde beeld: "dormant was jy vir te lank in vergetelheid toegevou" en "gefetus binne mure van jou binnekamer" Ek stel voor jy vat jou vers en sny die herhalende frases en oorweeg hoe dit vir jou klink. Stuur asb jou geredigeerde weergawe na my inboks dan werk ons saam daaraan. Skryfgroete IM

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed