kismet (Goud)
asof in laaste saluut
het ons saam-saam
teruggedraai
mekaar se oë probeer
ontwapen
getalm…
‘n onverwagse vrede
het ons momenteel ont-ego
sodat ons byna
uitgereik het na mekaar
maar die vele neerlae
reeds gely
aan beide kante
was net té fel
daarom het ons
weer omgedraai
en finaal weggestap
sonder terugblik
sonder finale belegging
met die wete in beide harte
dat die liefde
ons onbeskore is,
ons lot is verseël
sodat geen veldslag
tussen ons óóit
‘n wenner sal oplewer nie
neologisme: ont-ego die eie-ek vergeet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2023 – Veldslag projek