Jongste aktiwiteit:

isolasie – insolasie

my gees dwaal rond tussen
tussen emosie en geestelike erosie
aan die een kant hartseer oor die dood
daarteenoor kwaad oor die geestelike erosie
skielik wil almal hul hartkamers herskik
skielik hul gewoontes verander
weer begin bid en stil wees
tot dit weer goed gaan
met of sonder verse
uit die Woord
self besluit
of hul
hemel toe
wil of kan
gaan
ek
wil bly word
oor dié wat wil
hartseer oor
die wat nie
wil nie
onseker
oor Sy wil
vir ons
en vir
my

©Teárlach
(Johannes 1 : 1-26)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed