Jongste aktiwiteit:

respektabele

 

waardigheid kom nie saam met groot lawaai nie

indrukwekkende persoonlikhede is dikwels baie stil

om gerespekteerd deur lewe te gaan moet jy respekteer

indrukwekkende eerbiedwaardige staatsmanne word onthou

in volksmond kan dit beskryf word as:

“ek hou van ‘n man wat sy man kan staan,

ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan,

‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk,

en ‘n wil wat so vas soos klipsteen staan –“(Jan F.E. Cilliers)

om agtingswaardig te wees; moet jy beslis eerlik wees

eerlik en opreg in jou wese – dan kan jy eerbied bewys

om eerbied te wys is nie om heeltyd toe te laat

dat jou hele menswees onteer word nie

eeerbiedigheid is ook nie ‘n pak klere

wat jy net soms kan aantrek nie

dit is integrerend deel

van jou menswees

dit definieër jou

jy, die mens

wat gerespekteer

word

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amelia het n geregistreerde lid geword

  • Net_Anri het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak