Jongste aktiwiteit:

Kakiebossade (Engelse sonnet) (Goud)

kakiebossade staan blou na die reën
wuiwend gelate galant in die wind
jare gelede met ‘n rooi gedreun
stil-stil hul weg oor die waters gevind

In die ryptrap van ‘n winterlandskap
het voete van haat die somers verniel
bo-oor die kinders se toekoms getrap
die aarde verbrand en vroue ontsiel

wie sal onthou van ‘n boervolk se leed
van die werke van helde se hande
in ‘n land waar burgers hul eer vergeet
en die leiers verlei word deur rande

groot die genade my hart is verlos
my boerperd hou baie van kakiebos

Andries Fourie
23.06.2022




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword