soek-na
oor my duin
sak die Somerson
rustig – of – dalk so
met elke goue oggend
kekkel die kolganse luid
verkondig hul eie gebied
merk hul klankgrense
van withuis-muur
tot geplaveide
straathoek
trek hul
roep
en:
ek soek
soek na iets
wat mooi is
positief is
nog waar
en rein
is
elke vibrasie
van my siel ril
elke dag se gril
vir duister
donker
dade
en
dae
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.