
altyd saam (pa) (Brons)
erosie van verlange
verkreukel dongas van kennis
in die kyk van jou oë
as die wind van verlange nóg
rooiduinspore
van
jou
toe waai
tolbospaaie op jou hande
verklap die leivore van jou hart
waar ek dorstige lippe nat maak
in die stroom van jou waterval
strome
in
my
dorsland
vêr winde waai
oor die kaartografie in jou oë
altyd soekend na die volgende duin
met kampvuur hitte altyd welkom
© Francois Meyer Maart 2022
2 Kommentare
-
Elizabeth
Lieflik beskrywend.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek