Verwarring in die nes
Verwarring in die nes
Frustrasie lê sy eiers diep in emosie se nes
dit klou soos ‘n dodelike pes
waarom is dit so moeilik om saam te werk
so kan die een die ander tog versterk
maar nee, elkeen wil sy eie beuel blaas
elkeen sit op sy eie miernes en raas
verdeeldheid word uitgebroei
om by alles uit te kom, word ‘n gestoei
die kuikens skarrel vir die regte moederhen
tog so baie neste om te verken
almal pik tog aan dieselfde mielie
maar wie se vere kan die beste kielie
piep ‘n bietjie hier piep ‘n bietjie daar
krap die koppies heel deurmekaar
kan ons nie maar al die nessies bymekaar krap
en soos eendjies op een spoor trap
C Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.