Jongste aktiwiteit:

DIE ROOFDIERE IN ONS SAMELEWING

As ‘n mens dink aan roofdiere dan dwaal jou gedagtes stroomop tot by hiënas, wilde honde en alles wat vleisvretend in die veld kan wees.
As ek jou vertel dat mense mak geraak het in die natuur sal jy my ook glo al het sekere insidente nie goed afgeloop nie. Mense vergeet gou dat ‘n leeu nie ‘n huiskat is nie. Mense verloor hul respek vir die natuur, vir daardie roofdier wat in sy habitat bedreig word.
Ek het bietjie buite die “boks” ook roofdiere geïdentifiseer wat netso gevaarlik is en tot die slotsom gekom dat die skade wat dit jou berokken ook bleiwend kan wees met kwetsende nagevolge.
Hier is ‘n paar wat ek met ons samelewing Kan identifiseer. Inflasie is die groot sondebok , lenings met hoë rentekoerse, huislenings, motorfinansiering die prys van voedsel en petrol wat ons maandeliks kniehalter en die finansiële las swaarder maak.
Tog kruip daar ‘n roofdier in ‘n Klein kringetjie om ons rond. Die familielid wat vir jou jok of jou te na gekom het. Die vriend wat jy vertrou het en nou lê jou huweliks probleme die buurt vol. Dit is nou daardie mes in jou rug wat jou naby die kombuis laat verbyloop. Dan wonder jy seker of die persoon ‘n nuwe mes gaan gebruik die volgende keer of soek hul dieselfde een terug ?.
Vertrou jy weer nadat so iets met jou gebeur het of skakel jy mense uit jou lewe na die eerste keer ?.
Ek het vir baie lank in my lewe nie geleer nie. Nou is ek versigtig en vertrou nie maklik nie. Noem my maar ‘n ongelowige Thomas, maar ek vertrou nie maklik nie en glo nie net blindelings nie.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed