Jongste aktiwiteit:

Lewensfilosofie

Tik … tok … tik … tok … draai die aarde om sy wentelbaan; non-stop die een jaar vloei in die ander brander na brander terwyl ons leef en streef roof en kloof besin en beding onbewus van waar die einde is of waar die ware begin   ©Driekie Grobler (2023)

Lees meer

Oseaan van vrede

oseaan van vrede jy kelk oor my seer gemoed salf my gekrente denke met beloftes van hoop   met jou rustige in en uitwaarts spoel geselwoorde weg na dieptes van die see om my gemoed skoon te vee   in jou rustige klots streel ‘n suslied van omgee word verdryf alle pyn en leed salwingsproei […]

Lees meer

Die betowering van eerstehands

Daar is ‘n magiese fassinering agter elke nuutbegin of nuwe ding. Hetsy dit ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe uitdaging, ‘n nuwe gebruiksartikel, ‘n nuwe uitrusting, ‘n nuwe lewe of nuutbeplande reisondervinding is. Daardie element van “NUUT” prikkel die psige en gis opgewondenheid oor die onsekerheid en uitdaging van herontdek. Dis lekkerkry-ondervindings. Nuuskierigheid wat borrelend bruis […]

Lees meer

My hart se tuiste

‘My huis is waar my hart is’ en my hart is by klein voetjies wat dwarsgespoor oor my oumalewe lê sagte armdrukkies wat meer as woorde sê en liefdesogies wat samesynvreugde kaats. Wat meer wil ‘n ouma dan vir Kersfees hê as SO ‘n koester-tuiste? ©Driekie Grobler (12/2022)

Lees meer

TOTSIENS AAN 2022

TOTSIENS AAN 2022 En so het die jaar verwoed onder ons uitgegly. Ja, dit het vinnig gegaan en ek sukkel nog om “gebriek” te kry, veral na die laaste afdraande hier van Oktober/November af. Dit was ‘n jaar vol … hoe sal mens dit nou stel … bitter en soet; goed en sleg; vreugde en […]

Lees meer

Ontvlugting (Silwer)

Ek droom ‘n paradys – ongerep en vry – waar omgee roep na sy maat en vrede in koeltes lê en slaap. Ek droom van stiltes wat praat wat emosies sinvol verwoord, waar denke vry in vlug sierlik swaai deur die lug. Ek droom egtheid wat aard wat reg laat geld, waar vooruitgang vreesloos wei […]

Lees meer

Die prys van roem (660 woorde)

Droom ons almal nie maar van kleins af om eendag beroemd of ryk te wees nie? Om geken te word as iemand wat uitmuntend presteer? Heelbo aan die suksesleer te kan staan. Die beste te kan wees in wat ons doen. Te kan doen wat ons wil, wanneer ons wil, en te gaan waar ons […]

Lees meer

Lentemooi (Silwer – 480 woorde)

Een van die doendinge op my wenslysie was nog altyd om eendag blomme te gaan kyk. Daardie blomme, doer ver in Namakwaland, waaroor almal so liries raak en ek nog net op foto’s kon sien. Toe realiseer hierdie wens onverwags. Aan die begin van September (hierdie jaar) kry ons, dis nou manlief en ek, die […]

Lees meer

Papierhart

Papierhart jou wankelhand se skribbels is met deernis en liefde georden sodat ons saam mooi herinneringe kon skryf met begrip prettig versier om só die wêreld se onreg en seer sinvol te verdryf toe (onverwags) kom ‘n stormwind ruk met ondeurdagte woord en daad jare se saamskryf los frommel dit onbarmhartig op en smyt dit […]

Lees meer

Bedorwenheid

Bedorwenheid As ‘n blom té veel son té veel water té veel kompos kry en té lank aan eie wil en genade oorgelaat word verrot die stam verlep die blare en knak die kroon word dít wat volmaak gevorm is deur Skepperhand bedoel is om ‘n aangename geur te versprei om met skoonheid te pronk […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Driekie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Driekie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Driekie het ‘n nuwe publikasie gemaak