Oseaan van vrede
oseaan van vrede
jy kelk oor my seer gemoed
salf my gekrente denke
met beloftes van hoop
met jou rustige in en uitwaarts
spoel geselwoorde weg
na dieptes van die see
om my gemoed skoon te vee
in jou rustige klots
streel ‘n suslied van omgee
word verdryf alle pyn en leed
salwingsproei oor my menswees gegiet
totdat ‘n storm weer opsteek
verwoed skeur en breek
om die volgende oggend te ontdek
gister se weggewaste seer
lê weer soos opdrifsels
oor my verlate strand
©Driekie Grobler (Junie 2023)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige gedig