uurglasdrome – (Silwer)
Uurglasdrome – (Silwer) ‘n blink toekoms wink met sonstraalglans die voordag bekoorlik nader chronos gedy voorspoedig minsame sekondes tik-tok aanloklik vervul wense propvol lag vreugde soet sout hartseer dolleeg hart dog oorvol smart wanneer trane stroom en dreig om te verswelg luier kairos doelloos leeg in die nanag van eensaamheid […]
Mens nie op dit gereken
Brons afdeling gedigte Mens nie op dit gereken Wonderlike uitdagende nuwe jaar wat voorle” as n’ vars verassing ons saam vriende , familie weer gespaar vir wat die jaar uitdagend bied Verby die vrolike feesgety mense optrede soms onseker net skadu van tyd wat oorbly mens nie op dit gereken My […]
Skaduwee teen die Wind (364 woorde)
Skaduwee teen die Wind Die wêreld was jonk. Tyd het kaalvoet galop Op voetjies sonder eelte. Jaanie : Luister. Kranse kraak en kreun visse droom kliphard kwaai kattemaai by die dam. Hoor die roepwind. Luister tog net. Oujaan : Ek voel dit teen my rugstring. Nie net koelte. Wag — kyk daar. Dis Wind! En […]
Slapenstyd – (Silwer)
Slapenstyd – (Silwer) Dis Donderdagaand 23:00, voor Paasnaweek. Die sytent is netjies en Liefie lê al snoesig met sy 100kg uitgestrek op die eilandbed van ons luukse karavaan. Dis koud buite en die gansdons-duvet lyk aanloklik. Na ‘n sonskyndag op Hartenbos se strand, lekker moeg en effe gebrand, maak ek gereed vir my […]
tydgebonde asem (Goud)
tussen die suig’ling se eerste asemsnak en die sterwende se laaste tik die tyd-naald in die cul-de-sac van gee en neem en sy skadu skuif streng en strak …sonder halftyd… oor lewe en dood se uitspeel-stryd © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Skaduwees van Tyd (Goud)
Tyd sleep ’n kromgekloekte wa, ysterwiele skuur oor gister se gebeure. Dit is nie ’n haastige ryding nie, maar ’n lykswa van tyd – wat stukkies van ons stil-stil agtertoe neem. In sy wa lê die stemme wat nie meer praat nie, briewe sonder adresse, die geur van ma se rooibostee en ’n glimlag wat […]
‘n Resies teen tyd
(Woordtelling : 843) Oh jinne, mens kan darem die lewe vir jouself bitter moeilik maak! En heeltemal onnodig ook. Meestal het dit 100% te doen met jou gedagtes, maar so min mense verstaan dit. Spreuke 4:23 sê dit immers baie duidelik, “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou […]
Vir solank ek staan #silwer
Vir solank ek staan Selfs in die eenvoud van ‘n boom, ‘n stam, ‘n skaduwee en ‘n gekartelde haredos, lê die spore van tyd. Soos die son oor die horison sy weg vind, en sy vier-en-twintig-uur reis aanpak, groei die skaduwee onder die boom. In midsomer kom soek diere skuiling daar; ‘n lafenis teen skreeuende […]
Lewe se vere
“Kom binne! Maak of hierdie jóú huis is,” het ek alte braaf vir Lewe gesê, want sy voet was alreeds ongenooid binne my deur. Hy het immers gekom om saam met my te bly en daarom trek ek ‘n stoel vir hom nader. Ons twee was nie voëls van eenderse vere nie. Hy word my […]