tydgebonde asem (Goud)
tussen
die suig’ling se eerste asemsnak
en die sterwende se laaste
tik die tyd-naald in die cul-de-sac
van gee en neem
en sy skadu skuif streng en strak
…sonder halftyd…
oor lewe en dood se uitspeel-stryd
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek