brein
waar is jou angel middelpunt van jou werwel-lewe koordineer, beheer en regeer funksies elektriese impulse deur senustelsel versprei neurobiologie van groot-en kleinharsings verdeel deur splete of lobbe maar twee present van jou liggaamsgewig verdeel in links en regter helftes gesetel op hersenbalk maar die angel(klier) wat hele ligaam versier/ontsier hersenaanhangsel wat sy produk […]
vir
elke ligstraal in my lewe elke dagbreek oomblik elke klank in my oor elke windjie oor my vel elke smakie op my tong elke wakker word oomblik elke reuk van die natuur elke glimlag wat ek sien elke simpatieke oog elke bemoediggende woord elke twaalfuur son op my hoof elke druppel reën op […]
Roekelose berou (Brons)
“Wat maak Oom?” fluister Rianca. “Hierts, vir wat bekruip jy my?” Hermaans Cloete se lyf ruk en hy tree vies terug van die betonmuur vanwaar hy die bure afgeloer het. Die halfgerookte Peter Stuyvesant klou om lewe en dood aan sy oopgesperde lippe, tuimel dan skielik teen sy lyf af en kom met ’n wip […]
Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek
Beste INKers Oop Skryfprojek: “Skaduwees van Tyd” Ons nooi julle uit om deel te neem aan ’n opwindende oop skryfprojek waar julle verbeelding die enigste grens is! Alhoewel dit hierdie maand “Oop”is, het ek tog gedink om `n tema te koppel. Ons soek oorspronklike werke in die volgende kategorieë: Gedigte Prosa Kortverhale Tema: Skaduwees van […]
middernag rendezvous (Goud)
onder die middernagmaan op óns versteekte stukkie strand sal ek…en die see…onthou van sterbesaaide nagte op die sagte sand voor ons…altyd ‘n feesmaal geskik vir ‘n koning en koningin en ons…gekoester deur die warm seelug en die ritmiese breek van branders teen sand ek sal onthou hoe ons later in omhelsing aan die […]
onder die akkerboom (GOUD)
onder die akkerboom ‘n Kombers word uitgerol soos ’n sagte fluistering oor die gras, weg van die wêreld se gejaag in die stilte van die natuur. Appels rol uit ’n oop mandjie, druiwe lag in sonnig trosse, en kinders hardloop met vuil handjies rond tussen vlinders en brokkies brood vir die duiwe. Tyd gaan lê […]
Jy het nie geleef tot jy buite geëet het nie.
Jy het nie geleef tot jy buite geëet het nie. ’n Mandjie, ’n kombers… en ’n diep menslike behoefte om net vry te wees. Iewers, lank gelede, moes iemand genoeg gehad het van formele eet-tradisies. Van klokslag-etes, stywe tafellopers, servette wat soos swane moes lyk, en messe wat altyd regs moes wees. Daardie iemand, dalk […]