Jongste aktiwiteit:

brein

 

 

waar is jou angel

middelpunt van jou werwel-lewe

koordineer, beheer en regeer funksies

elektriese impulse deur senustelsel versprei

neurobiologie van groot-en kleinharsings

verdeel deur splete of lobbe

maar twee present van

jou liggaamsgewig

verdeel in links

en regter helftes

gesetel op hersenbalk

maar die angel(klier)

wat hele ligaam versier/ontsier

hersenaanhangsel wat sy produk

direk in jou bloedstroom stort

kan jou goed of sleg laat voel

tog leef die brein hoofsaaklik

van glukose sonder direkte

kontak met bloedstroom

sodat dit nie daardeur

vergiftig kan word nie

grootbrein, kleinbrein

en harsingstam

almal gevoelloos

tog is dit wat jou bewus

maak van dit wat lewe is

hoofpyn, hartseer en emosies

geheue, gedagtes en woorde

sintuie, elkeen gekoppel daaraan

die een anatomiese deel waarsonder

jy nie kan bestaan nie

 

© Tearlach.

 

 

 

 

 




Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword