
vir
elke ligstraal in my lewe
elke dagbreek oomblik
elke klank in my oor
elke windjie oor my vel
elke smakie op my tong
elke wakker word oomblik
elke reuk van die natuur
elke glimlag wat ek sien
elke simpatieke oog
elke bemoediggende woord
elke twaalfuur son op my hoof
elke druppel reën op my vel
elke kleurige blom op die duin
elke mooi musiek wat ek hoor
elke dag se mooi en lelik
elke sonsondergang
elke nag se soete rus
elke kus wat liggies streël
elke gedagte wat troos vind
by my Skepper Heer
©Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.