Heilige kantate
en nou vertolk ek die nag anders:
metafories,
as ‘n heilige kantate
geskoei op hemelse beloftes
ek vrees nie meer die donker
wat my steeds daagliks besoek
maar vou dit soos warm sjantoeng
om my ontblote skouers,
oë reikend opwaarts –
daar waar Lig alle smart verdoem
©Erika Viljoen
21/11/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi!