PRESIDENT (Satiriese Gedig)
PRESIDENT. (124 woorde)
Wie is die President se bewaarder,
so vra Jaques Pauw, en ons almal herkou.
Nie soos ‘n koei of ‘n bul, niemand het ‘n benul
Veel eerder soos hul wat almal verkul.
Wie hou hom uit die tronk, so gaan hul net voort met pronk.
Jaques is in die moeilikheid dit is verseker.
Hy word geboelie, elke dag met vrae gepeper.
Valke hou hom dop, skuldenaars maak geraas.
Wie is die President se escourt, wie sy hoerreerders.
Sy bord is vol beet, sy lyf in die stort, wie kan daarby aanlas?
Verwoed spuit hul met swembadwater, maar almal word net kwater.
Al wat sinmaak is die boek van Riebeek Kasteel
se oorgewig kok, wat nou in onvrede sy dagtake versëel.
(Kopiereg Henlie Barnard)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.