Ongegronde feite
Ongegronde Feite
Ongeag die aksie van n ander
is dit wat in jou siel broei n projeksie
van hoe jy dinge ervaar,
wat soms nie bestaan nie.
Opgemaak in jou hart,
is feite wat jy skep
ongegrond –
teenoor waarheid.
Jou onsekerheid gevorm
Uit vorige ondervinding
mislei jou ongetwyfeld
na wanpersepsie.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.