Anders
Anders…
Soos nog altyd die wete
van kindsbeen af gevoel.
My gees…
ervaar dinge dieper
voel met passie so intens.
My oë…
Sien met opregte omgee
huil met soveel deernis.
Gevul…
met mense om my heen
maar eensaam in wie ek is.
Onverstaanbaar…
kom ek voor
‘n hindernis vir ander.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.