Hartdrome
Verlange hunker na drome
Van rustigheid en vrede
In wonings waar mure
Gebou is van liefde.
Waar die lirieke van goue oues
die kamers kom vul
en jy my in jou arms vou
en stadig oor die vloer beweeg.
Terwyl die reen ritmies
die wysie aanneem
van klanke van heimwee
waar liefde bly.
En ek vir seker weet,
Terwyl die koue van buite die vensters opdamp
In my huisie
liefde altyd sal oorwin.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.