Jongste aktiwiteit:

middernag rendezvous (Goud)

onder die middernagmaan

op óns versteekte stukkie strand

sal ek…en die see…onthou

van sterbesaaide nagte op die sagte sand

 

voor ons…altyd ‘n feesmaal

geskik vir ‘n koning en koningin

en ons…gekoester deur die warm seelug

en die ritmiese breek van branders teen sand

 

ek sal onthou hoe ons later

in omhelsing aan die slaap sou raak

warm en veilig om mekaar gevou

 

kom net nog eenkeer na my

ek sal wag vir jou, my lief

daar, onder die middernagmaan

daarná kan jy (my) maar

(laat) gaan…

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Braam het n geregistreerde lid geword

  • Paul Kloppers het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak