Die Kruis
ek lê op my bed
en lees elkeen uit op die bakkiesblad
en besef hoe benodig baie gebed
want op elkeen druk daar ‘n klad
besef ek groot hul verstaan nie die Kruis
wat gedra was deur ‘n stukkende man
op die pad na Golgota want niks was pluis
want hierdie man moés sterf vir God se plan
uitgetart en voos geslaan was Hy
aan hulle wat satan aangehang het
niksvermoedend voortgegaan verby
bekyk God hul van bo Sy Seun reeds aan Sy sy
my God, my God waarom verlaat U my
sy Seun se oproep oor ongenaakbare mense
rig Hy Sy hart tot Sy Vader, en my hart ly
vir die pyn wat mense bring ongewens
raak ek stil voor my Vader in oggendure
want net hier besef ek aan mensegiere
wat net wil uitwis en ly aan eiereg kure
raak ek bewus van iet hierbinne my soos tiere
om op te staan en elkeen wakker te skud
die tyd loop uit hoekom veg teen die waarheid
mens besef jy dan nie dat God jou kan skud
loop ek maar eerder die pad aan die blyheid
die kruis is ook vir my gedra
wanneer die besef jou dalk raak
bid ek dat God jou sal dra
tot bittereinde in Sy gewaar.
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.