Spesie
Soos vuil pis is jul in ‘n skoon poel
Etterbesmet is jul lag
Skifsels suur oor verlede voel
Verwond jul doelbewus sag
Blindversteek tussen die lyne
Skitterblink lê jou naakte siel
Opbrengste ge-oes uit hartsnaar pyne
Verbete verwoed verniel
Soeke na aanvaarding in jouself
Bloedbevlek lê jou hart op ‘n witlaken
Haat brand fel waar jy dieper delf
Bruinsuiker in ‘n streepsak baken
Aalmoese gee jy met ‘n venynige hart
Arrogant verloor jy die wedren resie
Jou woorde was jou ondergang smart
Nog mens, nog dier, nog spesie
© Retha Kelly
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.