die laaste vertrek in die huis
Die laaste vertrek in die huis
“Now you’re just somebody that I used to know” – Gotey
buite huil yssende reën
kil kamervenster krap
binne dans hartlike kaggelvuur
in die koue sitkamer
die vuur speel sysag
oor jou geslote gesiggrense
daar waar jy sit op jou leerbank
jou naskeermiddelreuk is naby
maar jou hart is ver
weggesny van jou hartsdrade
weggestoot van jou lyf
weggejaag uit jou sielskamer
ek is net ‘n vreemdeling
wat jy geken het
in die laaste vertrek in die huis
© Roeline van Schalkwyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.