Jongste aktiwiteit:

Ballade vir jou

jy is ‘n trillende wonderwerk
geteken deur onse kreatiewe God

jy was net die lyne van ‘n skets
in jou ma en pa se gedagtes

unieke chromosome ingekleur deur meiose
elk chromosoom met sy eie kleur

waar die hardkoppige eiersel ongeduldig wag
daar het die soekende spermsel haar probeer beïndruk

jy is ‘n trillende wonderwerk
geteken deur onse kreatiewe God

jy was ‘n geboorte van ‘n nuwe skets
in jou ma se fallopiusbuis

eers is jou buitelyne van jou getrek
daarna paar skaduwees ingekleur

jou lyf mag verder geskets word wanneer
jy sukkelend na die baarmoeder beweeg

jy is ‘n trillende wonderwerk
geteken deur onse kreatiewe God

na drie weke groot soos ‘n ryskorrel word jou arms en bene
duideliker van die potlood se grafietlyne

opgewonde het jou ma besef sy is swanger
op agt weke is jy alreeds ‘n volronde skets

jy is ‘n trillende wonderwerk
geteken deur onse kreatiewe God

soos jy elke dag ingeteken is
het die vrugwater jou teen stote en stampe beskerm

die naelstring was jou houtskoolkos
gesorg jou skaduwees en lig was in regte balans

hare en naels met pastelpotlode gemeng
afhangend van jou ouers se kleurgene

senustelsel na ses maande
was die laaste potloodmerke

jy is ‘n trillende wonderwerk
geteken deur onse kreatiewe God

baie welkom, jy!

© Roeline van Schalkwyk




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed