Skokgolwe
mamma mamma
jy is dood
wie gaan na my kyk
egskeiding het jou gebreek
doodgedrink aan alkohol
in die gebroke huis
het als probeer
om ‘n man te wees
gefaal het ek
kwaad is ek
leeg is ek
alleen is ek
my hele lyf is vol van
skokgolwe
©Roeline van Schalkwyk
Opvolging van “Gebroke huis”.
Gebroke huis
pappa is weg
vinnig geskei
mamma se deur is toe
ek sien traanmerke
vermom agter grimerings
ek is jammer
dis my skuld
wens situasie was anders
ek is magteloos
wat ek sê of doen
niks verander nie
my hart is vol gate
nou is ek die man
in hierdie gebroke huis
©Roeline van Schalkwyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.