Jongste aktiwiteit:

My Hakkelvers

Ek hou van verse skryf wat rym.
verse waar die ritme vloei,
wat sin maak en die leser boei…

Maar vanaand is daar ‘n hakkelvers
hier in my siel,
wat nie wil vloei nie
en die rym makeer
want die krake in my hart
is baie seer,
daar waar die liefde bloei,
waar spatsels vreugde
bloed drup in my binnekant
en die lasplek in my gees
dreig om ook
mee te gee,
daar waar verlange
op die rantjie van die opgee
dieptes wankel,
daar hakkel woorde
soos ‘n windpomp se droogloop
in die stofwind
van die droë Karoo…

© Anton Bosch 14/08/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed