
As Die Wals Struikel
As die wals sou struikel
in ons liefdesdans
en ‘n hart roep uit
vir ‘n laaste kans
sou die musiek bly vloei
tot ons die ritme vind
as ons aanhou dans
deur die hoop verblind?
Of sou ons oor begin
met ‘n nuwe lied
in geloof dat dié note
ons geluk sou bied?
As die vioolsnaar breek
en die noot word vals
is dit dan die tyd
vir ‘n nuwe wals?
As die klanke stil raak
en ons ophou luister,
as ons voete strompel
in ons hart se duister,
sal onthou genoeg wees
om ‘n nuwe lied te maak
of sal ons ons liefde soos
‘n klaar geleesde boek…
.
.
.
toemaak?
©Anton Bosch 29/07/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.