Jongste aktiwiteit:

Op ‘n Wintersdag

Op ‘n wintersdag as die wolke
grys en laag oor die bruin rivier
se water hang,
en die bloureier aan die oorkant
paddas in die modder vang,
vloei die reën se druppels
ongevraag oor my wang,
as dit oorloop uit
my oog se opgaardam,
en my hart loop draaie
op die ver kuierpaaie
van ‘n land daar ver aan die suidekant
waar Afrika sy punt kom maak
en die see uitspoel op die wit seesand
waar die mense saam
op die strand baljaar
soos hul kom en gaan
elke jaar na jaar,
wyl ek steeds hier bly
waar die bruin rivier
onverstoord, onbesorg,
op sy pad na die see
voor my huis voort gly…

©Anton Bosch 16/08/2019




1 Kommentaar

  • See-Jay-El

    Ai, Woordsmous, hoe lees ek seer verlange in hierdie pragtige beeldende stuk. Die woorde vang die oomblik van verlang so eg vas en maak dit absoluut tasbaar. Dit is 'n besonderse stuk werk, soos altyd!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed