Gestroop (Silwer)
De moer in is maklik –
die adrenalien is goed,
maar dit word vinnig
en seker uitgewerk
tot net die seer
brandend
skeur deur
my hart.
Ek het gefaal en
kan niks fix –
was weer heel te lig,
want jy kan nie, het nie,
wil nie meer
jou hart aan myne knoop.
Jou woorde, my drome
is in total abandonment
vir ewig verfrommel,
verdraai deur die wind.
Ek staan alwéér
radeloos, verlate,
‘n kindjie klein.
Charleine Collins © 24 Augustus 2019
Foto: Gerrie Germeshuizen April 2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek