Jongste aktiwiteit:

Klugspel (Brons)

Kom sit neer jou bagasie

wat jy so lank al dra.

Los die raad wat jy nie volg nie

al het jy dit gevra.

 

Hark nader jou probleme

en gooi dit op ‘n hoop.

Jy het nou lank heeltemal genoeg

met jou boggel-vrag geloop.

 

Ons almal staan op ‘n verhoog

met maskers aan en lag.

Sal jy steeds hierdie klugspel speel

as jy weet dis jou laaste dag?

 

In die skadus van tyd met seer en verwyt,

van spoke uit jou verlede.

Laat hul een-een gaan sodat jy op kan staan

en eindelik vergeet en vergewe.

 

©Audrey Bierman 2025




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed