Venster van my Siel
Dit is wie ek is, blou is die hemel
my God se kleur wat my laat uitreik
na Sy Grote liefde
Blou is die vensterraam, van my siel diep
gegrond in God se wese, geliefd het Hy Sy kind
want groot was Sy genade
Soggens vroeg, bekyk ek die wêreld om my
by vensterraam so blou en ek weet ek is tuis
waar God my wil hê
Elke dag ‘n nuwe begin, uit God se hand oorvloedig
weet ek my Vader van Bo is in beheer
en geen bekommernis nie meer
Spruit liefde uit my diepste wese, want dankbaarheid
het plek gevat in ‘n wêreld wat stukkend was
en kom al die Eer na God want Sy wil het my gevul
Traan gevul is my oë, want ek is op presies die plek
waar God my geplaas het, vir die werke van Sy hande
waar God Sy woord mag stuur
Blou is die lug, gevul is my siel met ‘n lag in my binneste
kyk ek op, na hemel so blou en besef ek, Groot is ons
Almagtige Vader, Sy hand uitgereik na ons met seeninge
En dankbaar staar ek deur oop venster, God se Genade
ook gekies vir my, bid ek dat my blou altyd die blou
sal bly waar harte kan sien God se blou was met rede geskep
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.