Jongste aktiwiteit:

Die Padda Koor

Hier in ons tuintjie waar grassies so welig groei,
kom stortreen so van tyd tot tyd ,
hoe wonderlik is dit nie, om die water so te sien vloei,
en water wat opdam in elke sloot en duik

Maar skielik na ‘n paar uur se val van reen,
en die donker begin op ons neersak
begin padda met sy gekwaak al meer en meer.
hierdie gesing van paddakoor is geen las

Hoe heerlik om te kyk, hoe klein paddavissies
die poele water deur swem en geniet
waar moeder padda op en af spring om krosies
en die liefde wat net ‘n vader padda kan geniet.

Met klank wat die paddakoor kan voortbring,
net so rustig raak ons aan die slaap met die sang.
Hoe anders in die oggend en die geluid nie meer klink
weet ons dat padda koor iewers in die nag bedank




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed