Jongste aktiwiteit:

Die Silwer Randjie

Dis laat agter middag, die pad loop dood,
net links of regs, kan jou bring tot waar.
skielik sien ons die wolke reg van voor,
silwer randjie om die donker wolk, waarvandaan
kom jy dan nou te voorskyn, wat wil jy vertel.

Gedagtes wat tol, gedagtes wat rol,
waaroor spook die wolk met silwer randjie tog so.
binnekort by bestemming, maar steeds bly wolk torring
stadig maar seker, begin die voorbereiding vir die aandmaal
dan skielike die oproep, wat nuus bring, hoekom tog.

Die snelheid op die pad word al hoe erger,
want waar jy moet wees, is die lewe van iemand op die spel
jou brein spoel deur die dag se gebeure, en dan die vraag.
wat het jou besiel, maar dadelik weet jy waar vandaan.
vooroor sit ons gebuig, wag die antwoord van Bo.

Dan skielik die flikkering en beweging, van lewe
dan die opkikkering met ‘n diepe deernis en glimlag
waar het hy die pad so amper byster geraak
dan skielik die besef die donker wolk,
sy donkerste oomblik wat hy ooit beleef,

Stemmetjie in die bos, kom met vrede gehul.
alles sal weer reg wees, want silwer randjie
bring boodskap vir lig wat weer gaan skyn.
van hier vandag, die omdraai na die onbekende
maar tog die pad na ewigdurend samesyn




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak