Jongste aktiwiteit:

Uur van Angs

Dit is twaalf uur op ‘n Saterdag middag,
winkels is in rep en roer met almal
dis Kersfeestyd dit koop hier en koop daar,
en tyd word afgespeel in my hart dat iets my jag

Want hier binne in my is ‘n bondeltjie vreugde,
wat nie meer in moederskoot wil deug,
die alarm het afgegaan, en stadig maar seker
begin die waarheid ons vertel

Vinnig jaag ons om uit te kom by die plek
waar als in aksie moet oorgaan vir die nuweling
maar skielik vertel die hart masjien geen aankomeling
wakker skrik die helpers om masjiene gereed te kry

Vir aankomeling se hartjie wat doodstil stry
die skielike gepiep van ‘n masjien wat hoop bring
aan ‘n kleine liggaampie wat weer lewe bring
groot was die verbasing dat die liggaampie skielik na vore kom
deur die teken dat sy haar aan die krag van Bo sal verlos

God gegewe kindjie aan ‘n moeder uit vrees
Haar nuweling ontvang met hartseer.’
Haar Hemelse Vader bedank vir ‘n sussie
In afwagting vir haar sussie by die huis.




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

  • Koekekranka

    Die Woord leer mos dat ons nie moet vees nie. Hier het jy weer eens geboekstaaf dat God selfs deur vrees -wat angs bring en die geloof verlam- Sy wil laat geskied!

    • Amazon

      Jip, daardie tydperk was ek nog onkundig in die Woord vandag ken ek die Woord en ken ek vir God, en wat 'n belewenis om in vrede op ons God te wag en te weet Hy is die een in Beheer. Baie dankie vir belangstelling in my gedig koekekranka.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed