Jongste aktiwiteit:

Stoepsit-liasering – (Silwer)

Stoepsit-liasering  –  (Silwer)

 

Ek sit aan die somerkant van my winterhuis op die stoep. My gedagtes kabbel en klots, soos die Bergrivier hier voor my.

Gedagtes aan gesprekke, take en nuusberigte wissel mekaar aanvanklik lukraak af.

Soos wat die stroom verder af rustiger vloei, kom lê die wete gerusstellend ook in my: “Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles…” 

Dit is nie nodig om skuldig te voel wanneer ek vir ‘n paar minute passief verkeer nie; ook daarvoor moet tyd ingeruim word. 

Tyd om tot stilstand te kom en kopliasering te doen. Tyd om gedagtes netjies te orden sodat die krul-ore en  kreukels van die dag se kakofonie nie rasionele denke oordonder nie.

Ek vind kalmte in die sorteer, uitstryk en wegpak van dit wat werklik belangrik is en aanvaarding dat sekere dinge in my geheue se snippermandjie hoort.

‘n Visarend se roep raap my gedagtes op en ek kyk tersluiks na my polshorlosie … dis kosmaaktyd.

 

© Retha van Deventer, Julie 2025.

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed