Mamma, ek mis jou
Onder jou hart, snoesig – knus
met neurie ons tot ruste gesus
weemoed-oë het liefde gestraal
wanneer jy saans kers aansteek
eerbiedig vertel – Jesus se verhaal
Kreukelhande het drome omvou
ons oop-hart geheime toevertrou
as vriendin lewenslesse geleer
sodat ons vandag opstaar na Daar
waar dierbar’ Mamma by eng’le skaar
So kan ons dan dank betuig
na hartelus spring, jubel en juig
want al is ons nou stoksiel-alleen
Mamma is nogsteeds om ons heen
6 Kommentare
-
-
borrels
Ag dis sommer net te pragtig. Baie mooi geskryf Evelyn
-
Anze
pragtige verlangende ode
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Baie waar. Ons almal mis op so n dag soos vandag daardie vrou wat ons groot gemaak het in ons lewens