Jongste aktiwiteit:

Dan dink sy terug aan hom

As ysbere tango-trippel
oor kontoere van haar tenger lyf
en winterswind weemoed
deur haar hartmuur ranke
gewaar sy die skroeivlam
deur groen-oog aangevuur
diep in sy binneste brand

Wanneer souttraan biggel
in haar seerkind se pupil
vrae tolbos na haar toe rol
sy stukkend stom starend
luister na hoe sy koggellag
deur demone geil gegerf
trillend kranse laat eggo

Soos haar hart se stukkies gom
vlam haar wese met nuwe kers
van liefde, omgee, koester, hoop
in kelkhand van haar Skepper
dink sy tog terug aan hom
waar sy lewenskers verflou
vergeet om hom dan te onthou




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed