Jongste aktiwiteit:

Moenie Bang Wees

Moenie Bang Wees

Thula, thula
my kindjie,
as die aandskemering
en onrus jou oorval
moenie bang wees
vir die naggeluidjies
my kindjie
thula, thula
ek sus jou veilig en knus
in my arms toegevou—-
Buite het die naglewe ontwaak
en die muisies skarrel rond
tussen die bossies onder
uil se skerp oë en kloue uit
as hy kort kort kom met sy
verbyvlugte rakelings oor
hulle skuilplekkies en in die
hoë boom hoe- hoe gaan sit—-
Moenie bang wees
vir die naggeluidjies
my kindjie
thula, thula
dit was net ‘n vlermuis
wat verby ons swiep en
‘n onverskillige mot
in sy vlug onderskep—
Thula, thula
veilig teenaan my hartklop,
Thula, thula——-

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed