KORINGKORREL
KORINGKORREL
Die saad moet val en sterf;
dit moet die grond eers in.
Die einde van die korrel
is ‘n nuwe, heerlike begin.
Die dood van onse Heer
was nie die einde nie –
dit was die heel begin
van sy verheerliking.
O mens, verstaan dit tog:
te sterf, is om te leef.
Ons volg die Offerlam –
oorwinnaars, keer op keer!
8 Kommentare
-
-
Arnold
Jou hele gedig is goed uiteengesit, hou hiervan.
-
Koekekranka
So 'n welbekende diepwaarheid... Pragtig gedoen!
-
Anze
Amen!!! .. en so min mense besef die grootheid hiervan, dankie vir hierdie pragtige gedig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Pragtig Annamarie ... lekker om dit wat ons eintlik weet, weer te hoor.