Die gedruppel bly maar droom…
want…(?)
die winterkoue druppel
die mooiste pêreldou
wat dan as diamantjies
aan ragfyn weppies klou
en…(?)
die songloor-yskristalle,
laat druppeltjies verdou;
vorm mikro watervalle
waar die elfies bruilof hou
en dan…(?)
word wintering se ondergroei
langs ysig waterstroom
waar die weglêgansies broei
so gaandeweg slegs droom
4 Kommentare
-
-
neels
Ek is mal hieroor
-
Anze
sjoe dis nou saggies-mooi!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
so 'n lekker sagte gedig. dis heerlik om te lees :-)