Jongste aktiwiteit:

ruk op


ruk op gees van die see
soos rookwolke oor die duine
soos reënwolke oor die see
verswelg die aarde in reën
laat almal jou soet proe

ruk op blitse van die hemel
steek heuwels aan die brand
soos vuurspuwende berge
verbrand ongeregtigheid
laat hul die hitte proe

ruk op gees van waarheid
soos miswolke oor my duin
verberg die leuens vandag
maak reguit wat krom is
laat leuenaars dit proe

ruk op stier van vrede
dra jou Meester vier en kragtig
seil oor wolke en die hemel
soos lugskepe van heerser
wat opeis wat Syne is

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed