TRONKBEWONERS
Ek het al ‘n vensterbank verprent geswem op verbode plekke vreemde lande besoek in die volmaan verdrink. Ek het al my ma se hand vasgehou toe nie een van ons woorde gehad het nie selfs my vryheid prysgegee uitbundig gelag tot die trane spat ‘n vriendin begrawe ‘n baba aan die slaap gesing my hond […]
SLOTSOM (goud)
Dis ‘n andersom man wat haar hand houvas ‘n onweestaanbare vreemdeling wat in haar bed ontwaak dis háár mens – hy lyk bekend ruik soos kombuis en badkamer hy leef al lank hier met sy onbekende lyf in haar vervreemde spasies soms pas hy haar op soms jaag hy alles weg soms is sy óf […]
Verleentheid
Verleentheid vreemde ingeloop tot voet seer, toe geswik en geval. raad sonder rigting is laggend gegee vir nog ń seer val ?
Gevangenis
doring drade lê rolle om tronke erge in, bang buite te hou altwee uit balans. grense val sny oor draad seerkry, binne en buite al sekerheid. agter mure van gesamentlike seer kreun die wete plesier, nou nou…
malaeska
– in wilde wêrelde was daar weinig kans dat jagters ‘n vrou kon kry wêreld verwyder van mekaar het hul soms uit dié wat daar was ‘n maat gekies en mee saam geleef so was maeleska, die indiaanse vrou van die wit jagter gewees trotse afkoms in eie reg geskiedenis gemaak saam met haar man […]
Eindeloos (Silwer)
Eindeloos op dié dag vroeg in September het ‘n berg jou siel kom haal jou lyf opgelaai op rotse en deur Ou Kaapse weg getiekiedraai totdat jy dronk was van verligting van jou pyn jou koebaai het kamers vol gehuil maar die kranse het jou dankbaar ingeneem; hier neffens jou vleuel-digklavier op die hoogte van […]
Ware Liefde? (Silwer)
jy was kil en krities sy was sag en mooi jy’t my in jou sneeuseisoen verloor en sy’t my in haar lentewind voltooi ragfyn was haar hare sag haar oophand sonskynlyf haar vrede het my lokkend in haar mirreboesem ingedryf vloeiend was haar vingers oor die deinings van my vlees haar lipsag diepe liefde was […]
tingelend
– tingelende klokkies tintelende klankies tingel voort tot laat – so gaan nog ‘n feesdag verby nog een van uitbundige groot etes bietjie wyn en baie vrolike lag – elke jaar se kersfees steeds aangeval as heidense fees vrolike kleuters wat lag en speel – so skuif jare verby van klei os speelgoed tot selfone […]
Soek my digsiel
Wanneer dit moeisaam raak om te dig, sien ek geen lig in sig Woorde soek na my papier, maar my pen se ink voel duur. Droewige woorde krap in my kop, lelike gesegdes wys sy dop. Haat in my hart, maak kwaad in my kaak. Ek soek na `n plek, wat gister nie kon bied. […]