flitse
. uit die blou bel hy haar vertel haar hoe groot invloed sy as verpleegster op sy lewe gehad het destyds toe hy met slang pik gelê het sulke grepe laat net mooi gedagtes veral as dit dertig jaar gelede gebeur het dit bring vreugde en vrede in haar eensame hart dowwe oë sien weer […]
ou stoele
. voorjaar was daar ‘n besoeker stoel op my duin nou het owerhede dit geskuif verder terug onder ‘n afdak waar mense kan kom braai . soms word stoele oud dan word dit uit die oog geskuif later weg gemaak of fyn gekap vir vuurmaak hout of soiets feit bly staan oud gaan uit . […]
nuut
. Hy het my duin nuut gemaak sterk winde en golwe het dit gevorm alles daarin rond geskommel en vervorm die metabolisme daarvan nog so nuut en rou verstaan is soms moeiliker as net aanvaar oorvol gedagtes oorspoel my bewuste moontlikhede breek sonnig oop stralekranse omring my hoof al is dit net ek wat dit […]
Wegsakpsalm vir ‘n vismens(silwer)
Want ver uit die niet het ek in jou en jy in my, in my digaar wals op ‘n spoor na ‘n vlerklose bestaan waar die dowes ons kan hoor; dans in blinde skakerings- nes die diffraksie van lig oor ons wange kus en my kleurlose menswees artikuleer, is ek spraakloos siels-getroos. Want ‘n engel […]
verplant
. waar lê jou wortels begrawe in die rooi hutten-grond van levubu of die diep koeler grond van swarthoek dalk ook in die rivier leemgrond van phareng of is dit verplant in hierdie sandveld vol fynbos wie sal weet waar jou asse versprei sal word eerder dalk in die turkoois see van die baai waar […]
dagdroom
. oor my duin hang daar reuke ontbyt oor die vlamme heel dag bly dit so sweef van spek tot wors en tjops hier en daar reuk van visbraai snoek loop mos nou al ‘n week werk vir die vissermanne werk vir skoonmakers inkomste vir eienaars rus en geluk vir vakansiegangers wat ‘n voorreg om […]
eerste
. op my duin is daar altyd ‘n eerste van alles wat konstant is, is die feit dat alles gedurig verander en verras as dit nie die veranderende seisoene is nie is dit die veranderende gedrag van mense eie mense, jyself en vreemde mense veranderende gedrag van diere die trekvoëls se kom en gaan oggendson […]
BRONSINK (BRONS)
Spartelend teen versmoring waar ek in bronsink sink, aamborstig in verstikking as fobies my verdrink.
Genadefees (die geboorte van my Koning)
Onder ‘n bedekking van Asem uit ‘n donderkreun Stem sweef beloftes van kronieke in eeue vasgepen waar Genade Homself sou blootlê, in menswees uit sou stort tussen mense sou wandel hul kom red van sondelot. Waar gesange in ‘n nag van dankbaarheid weerklink waak Hy ongesiens om vergifnis uit te skink. Stille nag so heilig […]